Finance Minister Enoch Godongwana’s Medium-Term Budget Policy Statement, delivered yesterday, confirms what communities across the Western Cape experience daily: national government remains focused on balancing spreadsheets rather than rebuilding a collapsing economy. While Treasury congratulates itself on a primary surplus and a slightly improved debt trajectory, the MTBPS offers no credible plan to make life better for ordinary South Africans.
The minister’s most striking announcement — lowering the inflation target to 3% — is framed as a driver of long-term stability. Yet the MTBPS ignores the economic reality: South Africa’s stagnation is driven by structural constraints such as crime, logistical failure, collapsing municipalities, water insecurity, skills shortages and failing infrastructure. Tightening monetary conditions without fixing these fundamentals risks slower credit growth, fewer jobs, and additional pressure on families and small businesses. Treasury positions this change as a technical victory, but it is a policy gamble expected to cost the economy in the short to medium term.
Even Treasury’s own forecasts reveal the truth. Growth is expected to average just 1.8% between 2026 and 2028 — far below what is needed to reduce unemployment meaningfully. For a country where nearly half of working-age adults are jobless, this is an admission of defeat. A nation cannot “consolidate” itself out of mass unemployment.
Infrastructure plans are again long on promises and short on delivery. The MTBPS lists new agencies, reform units, credit-guarantee facilities and future task teams. Almost every intervention is framed in the future tense. But none address the root causes of project failure: tender mafias, cadre deployment, municipal collapse, and a national security environment that allows extortion and sabotage to take place with impunity. Without confronting these realities, infrastructure announcements remain paperwork rather than progress.
More concerning is Treasury’s decision to scale down the public transport network grant — a lifeline for low-income commuters seeking work. Government acknowledges the critical role of integrated transport, then cuts funding instead of fixing governance failures. This is a direct blow to working-class mobility and job access.
The MTBPS also concedes widespread failure in municipalities nationwide. Treasury identifies ghost workers, non-payment of suppliers, collapsing procurement systems and failed expenditure planning. Yet its answer is simply more centralisation, more oversight units and more national intermediaries. Nowhere is there recognition that capable regions, such as the Western Cape, should be granted more autonomy to govern, deliver and build their economies.
This is the central problem: Pretoria continues to impose a one-size-fits-all model on a country that is deeply unequal in capacity and performance. The Western Cape’s growing economy, better governance and stronger institutions are not leveraged or empowered — they are held back by national decisions designed for the weakest rather than the strongest parts of the country.
South Africa’s fiscal discipline may improve on paper, but the quality of life for millions continues to deteriorate. The MTBPS confirms once again that the national government is unable or unwilling to implement the bold structural reforms needed to restore economic growth, rebuild infrastructure and create jobs. Residents of the Western Cape deserve the right to choose a different path — one that prioritises competence, accountability, safety and prosperity.
PERSVERKLARING: Mediumtermynbegrotingsraamwerk prioritiseer nie ekonomiese groei nie
Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se Mediumtermynbegroting (MTBPS), gelewer gister, bevestig wat gemeenskappe regoor die Wes-Kaap daagliks ervaar: die nasionale regering bly gefokus op die balanseer van sigblaaie eerder as die herbou van ’n ekonomie wat besig is om in duie te stort. Terwyl die Tesourie homself gelukwens met ’n primêre surplus en ’n effens verbeterde skuldtrajek, bied die MTBPS geen geloofwaardige plan om die lewe van gewone Suid-Afrikaners werklik te verbeter nie.
Die minister se mees opvallende aankondiging — die verlaging van die inflasieteiken na 3% — word aangebied as ’n dryfveer van langtermynstabiliteit. Tog ignoreer die MTBPS die ekonomiese werklikheid: Suid-Afrika se stagnasie word gedryf deur strukturele beperkings soos misdaad, logistieke mislukkings, vervalle munisipaliteite, wateronsekerheid, vaardigheidstekorte en ineenstortende infrastruktuur. Om monetêre beleid te verstram sonder om hierdie grondliggende probleme aan te pak, hou die risiko in van stadiger kredietgroei, minder werkskepping en groter druk op huishoudings en klein besighede. Die Tesourie posisioneer hierdie verandering as ’n tegniese oorwinning, maar dit is ’n beleidswaagstuk wat die ekonomie op die mediumtermyn duur kan kos.
Selfs die Tesourie se eie vooruitskattings wys die werklikheid uit. Groei word na verwagting slegs 1.8% gemiddeld tussen 2026 en 2028 wees — ver onder wat nodig is om werkloosheid betekenisvol te verminder. Vir ’n land waar byna die helfte van alle werksbekwame volwassenes werkloos is, is dit ’n erkenning van mislukking. ’n Nasionale ekonomie kan nie bloot “konsolideer” en verwag dat massa-werkloosheid verdwyn nie.
Infrastruktuurplanne is weer eens lank op beloftes en kort op uitvoering. Die MTBPS lys nuwe agentskappe, hervormingseenhede, kredietwaarborgfasiliteite en toekomstige taakspanne. Byna elke ingryping word in die toekomstige tyd voorgestel — “sal geloods word”, “sal hervorm word”, “sal gereed wees teen 2026”. Maar niks daarvan spreek die ware oorsake van projekmislukkings aan nie: tendermafias, kaderontplooiing, munisipale ineenstorting en ’n nasionale sekuriteitsomgewing waar afpersing en sabotasie ongestraf plaasvind. Sonder om hierdie realiteite aan te spreek, bly infrastruktuurplanne papierwerk eerder as vooruitgang.
Meer ontstellend is die Tesourie se besluit om die publieke vervoernetwerk-toelae te verklein — ’n lewenslyn vir lae-inkomste pendelaars wat werk soek. Die regering erken self die kritieke rol van geïntegreerde vervoer, maar sny dan in die befondsing eerder as om bestuursfoute reg te stel. Dit is ’n direkte hou teen die mobiliteit en werksgeleenthede van die werkersklas.
Die MTBPS erken ook die wydverspreide mislukking van munisipaliteite landwyd. Die Tesourie identifiseer spookwerkers, nie-betalingskrisisse, vervalle verkrygingsprosesse en mislukte bestedingsbeplanning. Tog is die voorgestelde oplossing eenvoudig nóg meer sentralisering, nóg meer toesigheidsliggame en nóg meer nasionale tussengangers. Nêrens word erken dat bekwame streke, soos die Wes-Kaap, groter outonomie behoort te kry om hul eie ekonomieë te bestuur en te bou nie.
Dit is die kernprobleem: Pretoria dring steeds op ’n een-grootte-pas-almal model aan vir ’n land wat in werklikheid diep ongelyk in kapasiteit en prestasie is. Die Wes-Kaap se groeiende ekonomie, beter bestuur en sterker instellings word nie benut of bemagtig nie — eerder word dit teruggehou deur nasionale besluitneming wat op die swakste eerder as die sterkste dele van die land gegrond is. Suid-Afrika se fiskale dissipline mag dalk op papier verbeter, maar die lewenskwaliteit van miljoene mense versleg voort. Die MTBPS bevestig weer eens dat die nasionale regering nie die wil of die vermoë het om die ferm strukturele hervormings te implementeer wat nodig is om ekonomiese groei te herstel, infrastruktuur te herbou en werkskepping moontlik te maak nie. Inwoners van die Wes-Kaap verdien die reg om ’n ander pad te kies — een wat bekwaamheid, aanspreeklikheid, veiligheid en voorspoed eerste stel.
Dr. Joan Swart has a PsyD Forensic Psychology, an MBA and a Masters in Military Studies. She is a director of CapeXit NPO.
