[Afrikaans volg]
Cape Town, 6 October 2025 – The movement for Cape Independence continues to advance through the Multi-Group Coalition on Independence (MGCI), established by the Memorandum of Understanding (MOU) signed on 20 June 2025.
The MGCI is committed to achieving a sovereign, united, and prosperous Western Cape through democratic, peaceful, and lawful means — with a private referendum planned for 2027.
The MOU, signed by CapeXit NPO, the Cape Independence Party (CAPEXIT), the Cape Independence Advocacy Group (CIAG), and the Referendum Party (RP), sets out a shared vision grounded in non-racialism, economic pragmatism, cultural preservation, law and order, and decentralized governance. These values aim to improve the lives of all Western Cape residents while safeguarding the region’s cultural, linguistic, and ethnic diversity.
The CIAG has played a pivotal role in shaping public discourse around independence and self-determination as legitimate, democratic expressions of an undeniable right — helping to lay the foundation for broader awareness and unity within the movement.
The coalition now focuses on establishing a clear public mandate for independence through a privately organized referendum — made necessary by the Democratic Alliance’s refusal to hold an official one, despite legal opinions confirming its feasibility. CapeXit NPO is spearheading this effort, driven by growing grassroots engagement and political momentum.
To strengthen its leadership capacity, CapeXit NPO is pleased to announce that Dr. Joan Swart has joined its Board of Directors. Dr. Swart, former Chief of Staff and Executive Committee Member of both the RP and CIAG, said:
“While I value the opportunities and experience I gained at CIAG and RP, it is time to move forward. It has become clear that we cannot keep following the same path and expect a different result. CapeXit NPO is uniquely positioned to help deliver the mandate that the Western Cape people deserve, and I am committed to ensuring our efforts remain focused on achieving a fair and democratic referendum on independence.”
Through its representation in government, particularly in the Cape Town City Council, the CAPEXIT Party has demonstrated unwavering commitment to Cape independence and the people of the Cape. This aligns closely with the MGCI’s objectives, strengthening the movement’s credibility and expanding its reach ahead of the 2026 local and 2029 provincial elections. The Referendum Party is also preparing for the upcoming local elections, geared with the valuable lessons learnt from the past national elections
While the other signatories prepare for electoral growth, CapeXit NPO will lead in operationalizing the referendum and expanding outreach. This cooperative model ensures every organization contributes according to its strengths — fostering unity, coordination, and progress.
Funding efforts are intensifying to meet the 2027 timeline, with growing international and regional support underscoring the importance of a clear democratic mandate. The MGCI is formalizing operations and expanding strategic partnerships to ensure that the will of the Cape people is recognized through a transparent and lawful referendum.
The movement envisions a peaceful, prosperous, and non-racial state — a model for decentralized governance and international cooperation — prioritizing economic growth, job creation, and secure borders to protect the Western Cape’s unique identity.
We call on all Western Cape residents and organizations who share this vision to join us in building a non-racial, sovereign, and prosperous nation — free from ANC tyranny — here in our home, the Cape of Good Hope.
CapeXit Persverklaring: Verenig in die Strewe na Kaapse Onafhanklikheid
Kaapstad, 6 Oktober 2025 – Die beweging vir Kaapse Onafhanklikheid gaan van krag tot krag deur die Multi-Groep Koalisie vir Onafhanklikheid (MGKO), wat gestig is deur die Memorandum van Ooreenkoms (MvO) wat op 20 Junie 2025 onderteken is.
Die MGKO is verbind tot die verwesenliking van ’n soewereine, verenigde en voorspoedige Wes-Kaap deur demokratiese, vreedsame en wettige middele — met ’n privaat referendum wat vir 2027 beplan word.
Die MvO, onderteken deur CapeXit NPO, die Cape Independence Party (CAPEXIT), die Cape Independence Advocacy Group (CIAG), en die Referendum Party (RP), stel ’n gedeelde visie uiteen wat gegrond is op nie-rassigheid, ekonomiese pragmatisme, kultuurbewaring, wet en orde, en gedesentraliseerde regering. Hierdie waardes is daarop gemik om die lewens van alle inwoners van die Wes-Kaap te verbeter terwyl die streek se unieke kulturele, taalkundige en etniese diversiteit beskerm word.
Die CIAG het ’n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling van openbare diskoers oor onafhanklikheid en selfbeskikking as geldige, demokratiese uitdrukkings van ’n onbetwisbare reg — en daarmee die grondslag gelê vir groter bewustheid en eenheid binne die beweging.
Die koalisie fokus nou daarop om ’n duidelike openbare mandaat vir onafhanklikheid te vestig deur ’n privaat gereëlde referendum — iets wat ongelukkig nodig geword het as gevolg van die Demokratiese Alliansie se weiering om ’n amptelike referendum te hou, ondanks regsmenings wat die uitvoerbaarheid daarvan bevestig. CapeXit NPO lei hierdie poging met toenemende gemeenskapsbetrokkenheid en politieke momentum.
Om sy leierskap te versterk, is CapeXit NPO verheug om aan te kondig dat dr. Joan Swart tot sy Raad van Direkteure toegetree het. Dr. Swart, voorheen Hoof van Staf en Uitvoerende Komiteelid van sowel die RP as die CIAG, sê:
“Hoewel ek die geleenthede en ervaring wat ek by CIAG en RP opgedoen het, waardeer, is dit tyd om vorentoe te beweeg. Dit het duidelik geword dat ons nie kan aanhou dieselfde pad te volg en ’n ander resultaat verwag nie. CapeXit NPO is uniek geposisioneer om die mandaat te help verwesenlik wat die mense van die Wes-Kaap verdien, en ek is daartoe verbind om te verseker dat ons pogings gefokus bly op die bereiking van ’n regverdige en demokratiese referendum oor onafhanklikheid.”
Deur sy verteenwoordiging in die Kaapstadse Stadsraad, het die CAPEXIT Party sy onwrikbare toewyding getoon om Kaapse onafhanklikheid en die mense van die Kaap te dien. Hierdie toewyding stem sterk ooreen met die doelwitte van die MGKO en versterk die beweging se geloofwaardigheid en bereik voor die 2026 plaaslike en 2029 provinsiale verkiesings. Die Referendum Party berei ook voor vir die komende plaaslike verkiesings, gewapen met die waardevolle lesse wat tydens die vorige nasionale verkiesings geleer is.
Terwyl die ander ondertekenaars op verkiesingsvoorbereiding fokus, sal CapeXit NPO leiding neem met die praktiese uitvoering van die referendum en die uitbreiding van openbare betrokkenheid. Hierdie samewerkende model verseker dat elke organisasie volgens sy sterkpunte bydra — wat eenheid, koördinasie en vooruitgang bevorder.
Befondsingspogings word versterk om die 2027-tydlyn te haal, met groeiende internasionale en streekssteun wat die belangrikheid van ’n duidelike demokratiese mandaat beklemtoon. Die MGKO is besig om sy bedrywighede te formaliseer en strategiese vennootskappe uit te brei om te verseker dat die wil van die Kaapse bevolking deur ’n deursigtige en wettige referendum erken word.
Die beweging visualiseer ’n vreedsame, voorspoedige en nie-rassige staat — ’n model vir gedesentraliseerde regering en internasionale samewerking — met prioriteit aan ekonomiese groei, werkskepping en beveiligde grense om die Wes-Kaap se unieke identiteit te beskerm. Ons doen ’n beroep op alle inwoners en organisasies van die Wes-Kaap wat hierdie visie deel om saam met ons te werk aan die bou van ’n nie-rassige, soewereine en voorspoedige nasie — vry van ANC-tirannie — hier in ons tuiste, die Kaap die Goeie Hoop.
Dr. Joan Swart has a PsyD Forensic Psychology, an MBA and a Masters in Military Studies. She is a director of CapeXit NPO.